DIR Return Create A Forum - Home
---------------------------------------------------------
Cape Independence
HTML https://capexit.createaforum.com
---------------------------------------------------------
*****************************************************
DIR Return to: Suidlanders
*****************************************************
#Post#: 57--------------------------------------------------
Suidlanders - Wie is Ons ?
By: Hawk Date: March 24, 2018, 2:35 pm
---------------------------------------------------------
SOURCE : Suidlanders
HTML https://www.suidlanders.co.za/wie-is-ons/
Die Suidlanders is ‘n noodplan inisiatief wat bestaan uit ‘n
netwerk van blanke gelowiges wat voorberei vir nasionale
ontruiming. Gestig 2006.
HTML https://youtu.be/HfU6RVcY_ko
HTML https://youtu.be/ZnX7tczxXr4
In 2006 het ons leier, Mnr Gustav Müller ‘n waarskuwende
boodskap aan die Boervolk van Suid-Afrika gebring. Met sy
Militere Intelligensie agtergrond kon hy verskeie indikators
identifiseer wat aanduidend was dat Suid-Afrika oppad na ‘n
revolusie is. In hierdie tyd was die tekens nog so dof en
verskuild, dat baie mense dit as bog praatjies afgemaak het. Tog
het meer en meer mense die tekens begin raaksien, en kon mense
self die komende gevaar identifiseer. Projeksies wat reeds jare
gelede gemaak is het skielik begin gestalte kry. Toenemende
stakings, elektrisiteit tekorte, ‘n groeiende gaping tussen arm
en ryk, onstabiele ekonomiese toestande, ‘n groeiende misdaad
syfer, aggresiewe blanke ontwapening, die groeiende onvermoë van
die weermag en polisie, toenemende millitêre opleiding aan swart
militantes, toenemende werkloosheid, en die lys gaan aan en aan.
Hierdie toestande is reeds toe al geprojekteer in strategiese
nasionale analises, om sodoende ‘n akkurate prentjie van die
land se stabiliteit vir die toekoms te vorm. Die prentjie wat
voor ons gevorm het, was een van grootskaalse anargie en
lewensverlies, ‘n toestand wat veral die blanke Suid-Afrikaner
negatief sou raak.
Vandag is die werklikheid daarvan so oorweldigend dat selfs die
liberales nou van ‘n revolusie begin praat Steeds het die
liberale media die Suidlanders aanhou diskrediteer en desperaat
probeer om ons vermoëns van mense te weerhou., ‘n duidelike
teken dat ons die vyand se planne effektief kan teenwerk.
Die Suidlanders het reeds jare gelede ook begin om die basiese
raamwerk vir ‘n noodplan op te stel. Hierdie noodplan bestaan
uit die implementering van sleutel aspekte soos: ontruiming na
veiliger areas; voedsel en lewensmiddele voorbereiding; die
vestiging van leierskap stukture; ‘n nasionale kommunikasie
stelsel, ‘n internasionale kommunikasie medium; en monitering
van revolusionere elemente en plofbare omstandighede in die
land, om net ‘n paar te noem. Die Suidlanders se noodplan is nie
net doeltreffend nie maar ook uitvoerbaar en aanpasbaar.
Met verloop van tyd het al hoe meer behoudende organisasies die
tekens begin raaksien en verskeie noodplanne het tevoorskyn
gekom. Ongelukkig het hierdie groepe te laat aan die werk
gespring, aangesien die Suidlanders toe reeds in ‘n ver
gevorderde stadium was, en reeds duisende lede betrek het.
Skakel vandag in by die Suidlanders, die leiers op die gebied
van ontruiming en weerbaarheid ten tye van anargie!
*****************************************************